Knapdaar Banner 3
Knapdaar Banner 2
Knapdaar Banner 4
Knapdaar Banner 1
Knapdaar Banner 5
Knapdaar Slider 2

“Ons passie en betrokkenheid weerspieël in ons diere en ons is dankbaar vir die gawe om so naby aan God se skepping te kan werk ” Barry Badenhorst

Knapdaar Boerdery geleë in Noord Wes, is welbekend vir hulle integriteit en passie waarmee hulle die afgelope sestien jaar die wildsbedryf betree het. Hul daaglikse strewe om van die land se beste Swartwitpens genetika te bekom en te teel het oor die jare terugbetaal en het Knapdaar Boerdery vandag uitsonderlike genetika in hul kuddes. Deel van die trots wat hulle hier geteel het was Fanjan ‘n 50,15” Matetsi top gehalte teelbul wat deur Stephan Naude van Sihencha aangekoop is.

As wildtelers is hulle trots deel van die Xtreme Wildlife Groep. Telers van intree vlak tot die mees kieskeurigste kenners is welkom om hul te besoek of om hul veiling by te woon te Bona Bona wildsentrum op 20 Augustus 2016 te Wolmaranstad.

Knapdaar Boerdery is trots op die 50 duim plus bulle vanuit hul teelprojekte. Moet nie die geleentheid misloop nie.Twee besonderse bulle wat die laaste afstammelinge van die legendariese Jan is sal die jaar beskikbaar gestel word. Hou die 2de Bona Bona Platinum veiling asook Wintershoek se veiling dop vir inligting oor die bulle.